Kom ons praat oor Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)

Swart Ekonomiese Bemagtiging, of SEB (BEE in Engels) is vir baie mense omtrent ‘n vloekwoord!

Dit word geasosieer met politiek en word dikwels omgekeerde rassisme genoem. Baie voel dat SEB sekere rykes net ryker maak en daar word tans ook baie daarna verwys as “wettige” staatskaping. Hierdie is maar net ‘n paar van die vele negatiewe konotasies wat geheg word aan SEB.

Laat my toe om my opinie in perspektief te plaas. Ja, ek is ‘n wit man in my laat vyftigs. Ek praat Afrikaans en ek woon agter die Boereworsgordyn (in Pretoria)!

Ek beskou myself ‘n gemiddelde Suid-Afrikaanse burger, met ‘n gemiddelde IK, en met gemiddelde kwalifikasies. Tog maak ek die stelling  dat baie mense slegs die negatiewe aspekte van SEB  raaksien. Ek dink dit is bloot oor al die negatiewe publisiteit wat gemik is op sensasie. Ja daar is baie negatiewe persepsies, vele rampspoedige projekte, en talle geldmaakskemas in die SEB Industrie. Om die waarheid te se, ons sien dit elke dag as SEB Konsultant, en al die negatiwiteit stel SEB in ‘n baie swak lig.

Tydens my meer as 10 jaar as SEB Konsultant het ek die gewraakte SEB onderwerp met vele sakemanne bespreek, en ek was in baie raadsale waar die voor- en nadele van SEB bespreek is. Ek weet ek herhaal myself –  ek was aan baie rampspoedige SEB projekte blootgestel, maar ek het ook talle SEB suksesstories gesien.

My gevolgtrekking: Dit is eintlik eenvoudig. Suid-Afrika het eknomiese en sosiale transformasie nodig. In al my raadsvergaderings en in al my gesprekke met sakemanne het niemand die basiese beginsel bevraagteken nie: Suid-Afrika mot deur ernstige en dringende transformasie gaan.

Die vraag is HOE transformasie moet plaasvind. Nou vra ek jou… kan jy in alle eerlikheid se dat jy sake doen in die ware gees van SEB transformasie?

Net JY weet wat die antwoord is!

Verstaan jy Transformasie, Swart Ekonomiese Bemagtiging en Bree-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging en hoe dit jou besigheid/boerdery/sake raak? Nie? Ek sal dit vir jou in eenvoudige Afrikaans verduidelik. Kontak my vandag nog!

 

Gerhard Visser

(012) 997 0037

gerhard@beeanalyst.co.za

Of vul jou besonderhede hier in en ek sal in kontak wees: